Monday, September 7, 2009

Opstellerige ding oor hoe moeilik eenvoudige goed soos stilte is om te verstaan

"There was never yet an uninteresting life. Such a thing is an impossibility. Inside of the dullest exterior there is a drama, a comedy, and a tragedy." - Mark Twain

Stilte.

Vir jou

is dit net 'n gebrek aan woorde
ongemaklik
hoogmoedig.

(Per definisie is wat hier volg, dinge wat nie gesê behoort te word nie. Maar aangesien jy elke keer begin babbel wanneer ek dit stylgetrou aan jou probeer meedeel, noodsaak jy my om dit vir jou uit te spel - ek besluit nog of die pun intended is.)

Ek het vanaand 'n konsert gaan kyk. 'n Ongelooflike mooi konsert. (Die feit dat ek amper laat was en toe my vooraf-glas wyn moes down om op te maak vir verlore tyd het dalk bygedra tot my persepsie van die konsert, maar dit sou daarsonder nogsteeds 'n ongelooflike konsert gewees het.) En - vreemd genoeg - het ek gewens dat jy dit saam met my kon gaan kyk. Ek wens jy sou lank genoeg kon stilbly... Want dis die enigste taal wat regtig kan verduidelik... En daarom is hierdie nou 'n baie mooi paradoks, maar nou ja.

Ek wens ek kon vir jou verduidelik hoe party dinge is soos om op sestien swanger te raak - dit was nou obviously nie deel van jou oorspronklike, ideale toekomsplanne nie, maar dis regtig ook nie die einde van die wêreld nie, as a matter of fact: dis die begin van die wêreld vir iemand. (Okay, random, ek weet. Ek het ook twee aande gelede Juno gekyk. Verstaan? Ek sing nogsteeds die soundtrack. Awesome soundtrack. Pitchless, maar awesome.)

En ek wens ek kon vir jou verduidelik dat jy die enigste een is wat dink jy is minderwaardig of watookal jy dit in jou kop noem. En dat niemand met jou stry nie, net omdat dit 'n bietjie voor-op-die-wa voel om met jou te stry oor jouself - vryheid (en jy weet dis vir my heilig) van uitdrukking bepaal tog dat jý in daai domein die deciding vote het. Maar net as jy gewonder het: nee, maak nie saak hoe judgemental jy is nie (en ek behoort te weet?) niemand skat 'n persoon se waarde op sy CV nie. Werkgewers skat dalk werkernemers so, maar niemand oordeel iemand so nie.

En dit alles is hartseer. Want jy is rêrig eintlik awesome - net jammer jy wil dit nie glo nie.

...en jy praat so baie.

So, ek wens ek kon langer bly, but I've overstayed my welcome.

So hier is wat ek die afgelope twee bladsye lank van jou af moes wegneem, net sodat ek dit nou as 'n geskenk aan jou kan teruggee (slim scheme, al moet ek dit nou self sê, mhuhaha).

Vergesel deur my diepste wens dat jy dit eendag sal hoor sing en sal verstaan,

Vir jou:

Stilte.

No comments: