"Elkeen op aarde het 'n skat wat op hom wag," het sy hart gese. "Ons, mense se harte, se selde iets oor hierdie skatte, omdat mense nie meer daarna wil soek nie. Ons praat net met kinders daaroor. Later laat ons bloot net die lewe voortgaan, in sy eie rigting, nader aan die noodlot. Maar ongelukkig volg baie min mense die pad wat vir hulle uitgele is - die pad na hul roeping en tot geluk. Die meeste mense sien die wereld as 'n bedreiging, en omdat hulle dit doen, draai die wereld wel uit om 'n bedreiging te wees.
"As iemand sy roeping uitleef, weet hy alles wat hy moet weet. Daar is net een ding wat dit onmoontlik maak om 'n droom te bereik: die vrees vir mislukking."
"Dis wat ons 'liefde' noem. Wanneer iemand jou liefhet, kan jy alles in die heelal doen. Dan is daar hoegenaamd geen behoefte om te verstaan wat gebeur nie, want alles gebeur binne-in jou en mense kan hulle selfs in die wind verander. Solank die wind help, natuurlik."
"Elke mens op aarde, ongeag van wat hy doen, speel 'n sentrale rol in die geskiedenis van die wereld. En gewoonlik besef mense dit nie."
- The Alchemist, Paulo Coelho
No comments:
Post a Comment