Wednesday, March 18, 2009

Live and let die?

Ek het sopas vir myself 'n goeie policy oor selfverdediging uitgemaak. Ek is enige tyd bereid om te sterf vir iets waarin ek glo, maar my lewe is enige tyd vir my meer werd as iets waarin ek nie glo nie. As iemand dus my lewe sou bedreig uit boosheid, sal ek bereid wees om te veg vir my lewe (en dus teen daardie boosheid) selfs al sou dit beteken dat ek sy lewe moet neem. Uit die aard van die saak sal 'n mens jou nie tot sulke uiterste maatreels wend as die situasie dit nie absoluut vereis nie, maar ek is daarvan oortuig dat 'n Christen net soveel respek vir sy eie lewe moet he soos vir sy medemens s'n - want dis beide ewe veel 'n Godgegewe gawe waaroor jy as mens en ontvanger geen jurisdiksie het nie. In die onbenydenswaardige situasie waar jy tussen jou lewe en iemand anders s'n moet kies, is ek aan die kant van dit waarvan ek in my hart oortuig is, is reg; en daarvoor is ek bereid om te veg tot die dood toe.

No comments: