My brain is hyperactive. Naturally, I would like to share its output, but finding an willing audience sometimes poses a problem. So to prevent any damage or injury to myself or any innocent bystanders, this blog will provide the necessary storage.
Wednesday, March 18, 2009
Live and let die?
Ek het sopas vir myself 'n goeie policy oor selfverdediging uitgemaak. Ek is enige tyd bereid om te sterf vir iets waarin ek glo, maar my lewe is enige tyd vir my meer werd as iets waarin ek nie glo nie. As iemand dus my lewe sou bedreig uit boosheid, sal ek bereid wees om te veg vir my lewe (en dus teen daardie boosheid) selfs al sou dit beteken dat ek sy lewe moet neem. Uit die aard van die saak sal 'n mens jou nie tot sulke uiterste maatreels wend as die situasie dit nie absoluut vereis nie, maar ek is daarvan oortuig dat 'n Christen net soveel respek vir sy eie lewe moet he soos vir sy medemens s'n - want dis beide ewe veel 'n Godgegewe gawe waaroor jy as mens en ontvanger geen jurisdiksie het nie. In die onbenydenswaardige situasie waar jy tussen jou lewe en iemand anders s'n moet kies, is ek aan die kant van dit waarvan ek in my hart oortuig is, is reg; en daarvoor is ek bereid om te veg tot die dood toe.
Monday, March 16, 2009
Potensiaal, Vryheid en Waarde
Ek het sopas Aristoteles se filosofiee ontdek. Ek het dit nog net in 'n gesprek ontdek en nog nie veel gelees nie - so as ek alles verkeerd verstaan is ek jammer. Maar soos ek dit het gaan dit daaroor dat alles oneindige potensiaal het en die enigste ding wat dit beperk is die "norme" en beperkinge wat ons met ons denke daarop plaas. (Alhoewel hy ook se dat norme per definisie nie bestaan nie, omdat mense te veel verskil - daar gaan altyd te veel uitskieters wees om norme te definieer en daarom bestaan daar slegs verskillende groeperinge van uitskieters. Descartes het norme gedefineer as die common ground wat mense te midde van hulle verskille vind ten einde sinvolle kommunikasie en sosiale struktuur te bewerkstellig. Die probleem met hierdie definisie is dat mense dit absoluut begin implementeer het. Dit het sosiale druk om te konformeer en alles om die "regte" manier te doen tot gevolg gehad; wat op sy beurt te veel beperkkinge op denke plaas en menslike potensiaal laat verlore gaan.) Aristoteles gaan voort om te se dat gestel A is nie gelyk aan B nie en B is nie gelyk aan C nie, maar C is gelyk aan A as gevolg van een van sy eienskappe, dan is A, B en C eintlik almal gelyk en ook gelyk aan niks - want hoe bewys jy tog dat een van hulle ooit bestaan? Met die gevolgtrekking dat niks absoluut is nie en alles afhang van konteks en relevansie, en interafhanklik is van mekaar ten einde verstaanbaar te wees. Waar jy die grense van jou verwysingsveld trek, bepaal jou persepsies - want 'n kan iets net verstaan relatief tot 'n verwysingsraamwerk. En 'n mens het grense nodig om dinge te kan verstaan. Die enigste ding wat ons nie kan verstaan nie, is die afwesigheid van grense. Dis hoekom God, God is en hoekom ons Hom nie kan verstaan nie - Hy is onbegrensd. Tog is die mens na God se beeld geskape; en 'n mens se waarde le in die oneindige potensiaal waarmee God jou geskape het (of jy dit nou verstaan of nie). Jou mislukkings kan niks daaraan verander nie - dis bloot situasies waarin jy nie tot jou volle reg gekom het nie. En die awesome ding van oneindige potensiaal is dat dit altyd aan jou 'n uitdaging sal bly bied om dit te bereik, aangesien die onbereikbaar is. En dit maak die lewe interessant. Dis regtig so dat jy enige iets wat jy jou kan indink, kan bewaarheid. Die probleem met die lewe is nie wat ons kan doen nie - ons kan oneindig. Die ware probleem is, eerstens, om moed te he om te erken waartoe jy instaat is (met ander woorde om die maklike uitweg van jouself beperk te vermy, en positief te wees) en tweedens, om uit te vind wat dit is wat jy werklik wil doen - en dit te doen. Want as alles afhang van konteks en relevansie, en interafhanklik is van mekaar ten einde verstaanbaar te wees, is die rede waarom jy iets doen dit wat regtig saak maak. Motivering bepaal of iets "reg" of "verkeerd" is, of dit relevant is, of dit volhoubaar is en ultimately of dit sin maak. En dalk, net dalk, as jy uitvind wat jy regtig wil doen sal jy jou roeping ook vind... En vryheid sal dan wees om jouself toe te laat om te misluk en te besef dat dit niks aan jou waarde as mens verander nie aangesien dit niks aan jou potensiaal verander nie. En verder is vryheid om te erken dat jou menslikheid gaan veroorsaak dat jy altyd grense gaan he, maar om steeds te verken so ver as moontlik en daardie grense so ver as moontlik uit te skuif. Basies om altyd te sorg dat dit jou menslikheid is wat jou grense bepaal en nie jou denke, of gebrek daaraan, nie.
Subscribe to:
Posts (Atom)